# Die Stad Kaapstad sê beamptes verbonde aan die Wetstoepassingsbevorderingsplan het in die 11 maande sedert Julie, hulle beslaglegging op dwelms met 41-persent verhoog. Altesaam 148 vuurwapens en byna een-duisend-500 rondes ammunisie is ook gekonfiskeer waar beamptes ontplooi is. Die burgemeesterskomiteelid vir Veiligheid en Sekerheid, JP Smith, sê LEAP-beamptes het ook toenames in algehele inhegtenisnemings en verskeie ander kategorieë aangeteken, insluitend voorkomende inspeksies van persele soos drankwinkels:
LEAP in Kaapstad teken verhoogde dwelm- en vuurwapenbeslagleggings aan [KLANK]
AFR SmithonRecords