# Die Withuis het die kongres versoek om ʼn bykomende 1,45-duisend-miljard-rand goed te keur, onder meer vir die oorlog teen Iran. Die meeste fondse sal na die Departement van Verdediging gaan vir bedryfskoste om voorrade aan te vul. Die befondsingsversoek wat by die Withuis se kantoor vir bestuur en begroting ingedien is, sluit ook sowat 4,9-miljard-rand in om sekuriteit by Amerikaanse ambassades en diplomatieke buiteposte in die Midde-Ooste en Suid-Asië te verskerp. Ander bykomende fondse sal toegeken word aan boere in Florida en die Ebola-uitbreking in Afrika.
Withuis vra Kongres om bykomende besteding van R1,45-duisend-miljard goed te keur