# Sokker: Bafana Bafana het Wêreldbeker-geskiedenis gemaak toe hulle die laaste 32 gehaal het na ʼn 1-0 sege oor Suid-Korea in Monterrey, Mexiko. Thapelo Maseko se doel in die 63ste minuut was genoeg om Suid-Afrika tweede in Groep A te laat eindig ná die gashere, Mexiko, en outomaties vir die uitklopfase te kwalifiseer. Suid-Afrika moes hierdie wedstryd wen, want hulle het hul openingswedstryd teen Mexiko met 2-0 verloor en gelykop met een elk teen Tsjeggië geëindig. Bafana Bafana kon nie in 1998, 2002 en as gasheer in 2010 verder as die groepfase vorder nie.
Sokker: Bafana Bafana klop Suid-Korea om eerste keer ooit Wêreldbeker-uitklopfase te haal