Nuus 15:00
BULLETIN 23 Junie 3 nm
Goeiemiddag. Ek is……..
In die bulletin:
# Die Moslem-geregsraad vra ‘n gebalanseerde migrasiebeleid
# Getuie K beweer Mkhwanazi het inligting gesoek oor mynbou‑bedrywighede vir betaling
# En rugby: Savea sien uit na die uitdaging om die All Blacks na die Wêreldbekertoernooi te lei
# Die Moslem-geregsraad het ‘n drieledige nasionale raamwerk voorgestel om migrasie in Suid-Afrika aan te pak en vra ‘n menswaardige, volhoubare benadering. Die voorstel beklemtoon nakoming van die oppergesag van die reg, beskerming van migrante se menseregte en waardigheid, en omvattende ingrypings teen regerings- en maatskaplik-ekonomiese uitdagings wat spanning veroorsaak. Faizal Sayed van die raad het aan SABC News gesê Afrika-lande moet besin oor die onderliggende oorsake van migrasie:
# ‘n Inspekteur van die Ekurhuleni Metropolisie in Gauteng, Getuie K, het voor die Madlanga-kommissie getuig die geskorste adjunkhoof, Julius Mkhwanazi, het haar gevra om inligting wat verband hou met mynbou-bedrywighede deur te gee in ruil vir geld. Mkhwanazi se voormalige meisie sê sy het inligting oor vermeende onwettige edelgesteentes gedeel. Sy sê Mkhwanazi wou inligting hê waamee hy kon werk, met die verwagting dat dit tot finansiële voordeel sou lei:
# ActionSA veroordeel die minister van Openbare Werke en Infrastruktuur, Dean Macpherson, se besluit om regstappe teen die Parlement te doen nadat hy gestraf is vir oortreding van die Etiese Gedragskode omdat hy ActionSA se ondersteuners “Amapharas” en “Hobo’s” genoem het. Woordvoerder Alan Beesley sê Macpherson moes eerder verskoning gevra het, maar het verkies om die Parlement te verkla in ‘n poging om die gevolge van sy eie gedrag te systap:
# Rugby: Die nuwe All Black-kaptein, Ardie Savea, sien daarna uit om die driemalige kampioen na volgende jaar se Wêreldbekertoernooi in Australië te lei. Die nuwe afrigter, Dave Rennie, het hom aangestel in sy groep vir die Nasieskampioenskapstoetse. Savea neem oor by die beseerde Scott Barrett. 2023 se wêreldspeler van die jaar sê hy is gelukkig om wonderlike leiers en afrigters in die groep te hê. Nieu-Seeland speel op 4 Julie in Christchurch teen Frankryk, die elfde in Wellington teen Italië en ‘n week later in Auckland teen Ierland.
# Die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 16-rand-48-sent teen die dollar, 18-rand-76-sent teen die euro en 21-rand-77-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 62-duisend-545-dollar. Die prys van goud is vier-duisend-124-dollar-89-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie is 77-dollar-50-sent per vat.
# En ten slotte: ‘n Organisasie sonder winsbejag, Missing in Southern Africa, het ‘n streeksprojek gevestig om samewerking in die opsporing van vermiste persone te versterk en die betrokke gesinne in Suider-Afrika te ondersteun. Die stigter en aktivis vir vermiste persone, Wendy Pascoe, sê dit sal op Suid-Afrika, Namibië, Botswana en Zambië fokus. Sy sê dit het ten doel om oorgrens‑uitruiling van inligting te verbeter, ondersoeke te ondersteun, wetstoepassingsagentskappe by te staan en mensehandel hok te slaan. Pascoe sê hulle wil voorspraak lewer, slagoffers ondersteun en vermiste persone met hul gesinne herenig.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….