# Die minister van Verdediging en Militêre Veterane, Angie Motshekga, sê sy is tevrede dat die nodige koördineringsmeganismes in die Justisie-, Misdaadvoorkoming- en Sekuriteitsgroep in plek is om vinnig en doeltreffend te reageer op enige gebeurlikheid tydens die teen-immigrasie-betogings volgende week. Teen-immigrantegroepe het 30 Junie as die sperdatum gestel vir ongedokumenteerde buitelandse burgers om Suid-Afrika te verlaat. Motshekga sê die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag is as ‘n gebeurlikheidsmaatreël op bystand geplaas:
Minister Motshekga sê die SANW is op bystand vir die teen-immigrasie-betogings op 30 Junie [KLANK]
ENG MotshekgaOnSANDF