# Die Verkiesingskommissie sê bykans drie-miljoen kieserregistrasies is hierdie naweek met die oog op die plaaslike verkiesing op die 4de November aangeteken. Die kommissie se uitvoerende hoof, Sy Mamabolo, het op ‘n nuuskonferensie gesê die kieserslys staan tans op ongeveer 28,5-miljoen. Mamabolo het ‘n tweede registrasienaweek vir Augustus aangekondig en bevestig aanlyn registrasie is nou sonder datakoste beskikbaar om toegang te vergemaklik:
Verkiesingskommissie teken bykans 3-miljoen registrasies aan [KLANK]
ENG MamaboloOnWeekendRegistration