# Krieket: Die Suid-Afrikaanse onder-19-vrouespan toer volgende maand vir die eerste keer ooit in Pakistan. Die veelsydige Mieke van Voorst is aangewys as kaptein van die groep van 15, wat ses spelers insluit wat vroeër vanjaar brons vir die land in die Patricia Kambarami-beker in Nigerië verower het. Vyf internasionale wedstryde sal tydens die toer gespeel word, almal dag-aand-wedstryde in Karachi. Dit sal gebruik word as voorbereiding vir volgende jaar se onder 19 T20-Wêreldbeker in Bangladesj en Nepal.
Krieket: SA onder-19-vrouespan toer volgende maand in Pakistan