# Die saak teen die musikant en televisiepersoonlikheid Molemo “Jub Jub” Maarohanye is in die Germistonse Landdroshof in Gauteng tot 25 Augustus uitgestel vir verdere ondersoek. Hy staan tereg op aanklagte van ontvoering, die onwettige afvuur van ‘n vuurwapen en regsverydeling na ‘n beweerde onderonsie met ‘n e-taxi-bestuurder in Edenvale. Aanklaers beweer die bestuurder is in ‘n voertuig gedwing en verhoed om te vertrek voor hy ongedeerd weggekom het. Maarohanye se borgtog van vyf-duisend- rand is verleng.
Jub Jub se saak vir verdere ondersoek uitgestel