Skip to content

Grootste gros van Iran se voorwaardes is nagekom met sankies op olie opgehef en bates vrygestel

# Iran se minister van Buitelandse Sake, Abbas Araghchi, sê Amerika het sanksies op sy land se olie opgehef en sommige van sy bates wat in die buiteland gevries is, is vrygestel. Dit volg op die naweek se gesprekke tussen Washington en Teheran in Switserland. Die bemiddelaars, Katar en Pakistan, sê nadat die grootste deel van sy voorwaardes nagekom is, sal Iran nou toelaat dat sommige gesprekke plaasvind oor die toekoms van sy uraan-verrykingsprogram. Araghchi sê die moeilikste kwessie is steeds die Libanonse krisis.