# Die DA-leier Geordin Hill-Lewis sê die party kan nie politieke motiewe uitsluit vir die moord op ʼn wyksraad-kandidaat in ʼn tussenverkiesing in Dunoon, Kaapstad, nie. Sinovuyo Dyokwe is doodgeskiet terwyl sy Saterdag van ʼn registrasie-lokaal op pad was huis toe. Niemand is nog in hegtenis geneem nie. Hill-Lewis sê slegs ʼn paar maande gelede was Dyokwe hard aan die werk om die DA te laat groei tot sy beste uitslag ooit in ʼn tussenverkiesing:
DA-leier sluit nie politieke motiewe uit na moord op wykskandidaat in Dunoon nie [KLANK]
AFR LewisOnDyokweKilling