# Die ANC het die moord op raadslid Sicelo Mleve van wyk 27 in Nelson Mandelabaai veroordeel. Hy is deur onbekende gewapende mans doodgeskiet tydens ‘n vergadering in sy kantoor in Zwide, Gqeberha, kort nadat kieserregistrasie Saterdag gesluit het. Mleve is die derde raadslid wat in die huidige administratiewe termyn in Nelson Mandelabaai vermoor is. Die ANC-streeksvoorsitter, Babalwa Lobishe, sê wetstoepassingsagentskappe moet alles moontlik doen om seker te maak dat Mleve se moordenaars in hegtenis geneem word:
ANC veroordeel moord op sy Nelson Mandelabaai-raadslid [KLANK]
ENG LobisheOnMleveKilling