# Die EFF het die besluit van die speaker van die Nasionale Vergadering, Thoko Didiza, veroordeel om nie president Cyril Ramaphosa se dringende interdik teen die ampsklagverrigtinge in die Wes-Kaapse Hooggeregshof teen te staan nie. EFF-woordvoerder Sinawo Thambo sê hierdie besluit is ‘n skandelike afstanddoening van die grondwetlike verantwoordelikheid van die speaker en druis in teen die gevestigde presedent om die integriteit en onafhanklikheid van die Parlement as ‘n arm van die staat te verdedig. Hy sê die ampsklagproses is nie ‘n persoonlike geskil tussen die President en sy politieke teenstanders nie.
EFF veroordeel die roekelose besluit deur speaker om nie Ramaphosa se aansoek teen te staan nie