# Sokker: Duitsland het gister hul plek in die uitklopronde van die Wêreldbeker-toernooi bespreek met ‘n 2-1 oorwinning oor die Ivoorkus, terwyl Nederland nader is aan die laaste 32 danksy ‘n oorwinning oor Swede. Duitsland het vir die eerste keer sedert 2014 die uitklopronde gehaal, na hulle in 2018 en 2022 in die eerste ronde uitgeskakel is. Nederland het in Houston ‘n oorweldigende sege van 5-1 oor Swede behaal. Die laaste keer dat Swede vyf doele in ‘n Wêreldbeker-wedstryd afgestaan het, was die 1958-eindstryd teen Brasilië toe hulle met 5-2 verloor het.
Sokker: Duitsland deur na Wêreldbeker-ronde van 32, Nederland klop Swede