Skip to content

Regering verbind tot verbetering van die vervaardigingswaardeketting

# Die adjunkminister van Handel, Nywerheid en Mededinging, Alexandra Abrahams, sê die regering is daartoe verbind om produktiwiteit regoor die vervaardigingswaardeketting te verbeter en Suid-Afrikaanse vervaardigers te posisioneer om toegang tot nuwe streeks- en globale markte te verkry. Sy het by die KwaZulu-Natal Klere- en Tekstielgroep se jaarvergadering beklemtoon dat die toekoms van Suid-Afrikaanse vervaardiging afhang van ‘n duidelike beleidsrigting. Die adjunkminister sê gevalle van arbeidsuitbuiting, onveilige werksomstandighede, immigrasie-oortredings en nie-nakoming van bedingingsraadooreenkomste wek ernstige kommer vir die toekomstige integriteit van hierdie bedryf.