Skip to content

Lee van Suid-Korea vra hersiening van verkiesingbestuurstelsel na foute tydens stemproses

# Die Suid-Koreaanse president, Lee Jae Myung sê die land se verkiesingbestuurstelsel moet heeltemal hersien word. Hy het ‘n reeks omstrede voorvalle by die Nasionale Verkiesingskommissie, insluitend ‘n tekort aan stembriewe, as belaglik bestempel. Lee het ‘n ondersoek deur aanklaers en die polisie gelas ná stembrieftekorte die plaaslike verkiesing van 3 Junie ontsier het. Die voorval het openbare woede en betogings ontlok, en eise vir die bedanking van die hoof van die verkiesingskommissie. Lee vra ook streng optrede oor enige geweld dring aan dat vreedsame byeenkomste beskerm word moet word.