Skip to content

Rugby: Morné Steyn glo Rassie wil Quan Horn in volgende Willie le Roux omskep

# Rugby: Die voormalige Springbok-losskakel Morné Steyn glo die Bok-afrigter Rassie Erasmus het nog ‘n meesterstuk opgedis deur die nommer tien-trui aan die Leeus se gereelde heelagter, Quan Horn, te gee vir vandag se wedstryd teen die Barbarians in Gqeberha. Die 24-jarige het sover baie min wedstryde op losskakel gespeel, maar Steyn dink Erasmus wil hom waarskynlik verander in die volgende Willie le Roux, wat albei rolle doeltreffend kan vervul. Die Leeus se skopkonsultant sê Horn sal sommige aspekte moet verfyn, maar hy glo hy sal dit kan doen.