Skip to content

Transmissiemaatskappy wil R2-miljard in agterstallige betalings vereffen

# Die Nasionale Transmissiemaatskappy van Suid-Afrika sê inkortingsvergoedingseise van ongeveer twee-miljard-rand vir onafhanklike kragprodusente word tans nagegaan en verwerk. Die onderneming het erken daar was ‘n tydelike knelpunt ná ‘n skerp toename in eise tydens April en Mei. Die energie-ontleder Chris Yelland sê hernubare energieprodusente is bekommerd oor vertragings in terugbetalings en ‘n gebrek aan deursigtigheid in besluite oor inperking. Die uitvoerende hoof, Monde Bala, sê bykomende hulpbronne is ontplooi om betalings te bespoedig, terwyl regverdigheid, netwerkbestendigheid en bekostigbaarheid vir verbruikers gehandhaaf word.