# Hernude Israelse lugaanvalle in suidelike Libanon het oornag die lewens van minstens 15 mense geëis. Die staatsnuusagentskap NNA berig die aanvalle op verskeie dorpe in die Nabatieh-distrik was van die hewigste in onlangse weke. Israel sê die aanvalle was gemik op Hizbolla-teikens in verskeie gebiede in reaksie op die Iran-gesteunde militante groep se herhaalde skendings van die wapenstilstand. Dit volg ‘n dag nadat Israel ‘n kaart gepubliseer het waar ‘n uitgebreide militêre beheersone in suidelike Libanon aangedui word, wat twyfel saai oor Amerika se tussentydse vredesooreenkoms met Iran.
Israel verskerp aanvalle op Libanon, 15 mense sterf