# Vandag se beplande samesprekings tussen Amerika en Iran in Switserland is gekanselleer. Die Withuis skryf dit toe aan onopgeloste logistiek in die volgende onderhandelingsfase nadat die twee lande hulle daartoe verbind het om binne 60 dae ‘n finale ooreenkoms te bereik. Die Amerikaanse visepresident, JD Vance, sou die onderhandelings lei. Iran het ook sy afvaardiging se vlug gekanselleer weens Israel se voortgesette aanvalle op Hisbolla in Libanon. Vandag se vergadering was bedoel om onderhandelings, hoofsaaklik oor kernwapens, te begin, soos in die ooreenkoms van verstandhouding uiteengesit.
Beplande Amerikaans-Iranse samesprekings in Switserland gekanselleer