# ActionSA in Ekurhuleni sê die ANC-geleide koalisie in die metro het versuim om ʼn begroting in te dien wat inwoners se belange vooropstel. Die raad het die 2026/2027-begroting gister die vierde keer verwerp. Tumelo Tshabalala van ActionSA sê twee basiese vereistes moet nagekom word voor die party die begroting sal aanvaar. Hy sê dit moet die raad se resolusie insluit dat werkers permanent aangestel en afhanklikheid van kontrakdienste verminder word, en geen tariefverhogings behalwe gereguleerde aanpassings moet toegelaat word nie:
ActionSA in Ekurhuleni sê begroting moet finansiële volhoubaarheid en inwoners se behoeftes balanseer [KLANK]
ENG TshabalalaONBudget