# KwaZulu-Natal se polisiekommissaris, Nhlanhla Mkhwanazi, het die toenemende spanning in die land se wetstoepassingstrukture as oorlog beskryf. Dit volg nadat hy, die hoof van Misdaadintelligensie, Dumisani Khumalo, en generaal-majoor Nozipho Madondo gister opdrag gekry het om by die Brooklyn-polisiestasie in Pretoria aan te meld. Dit het aanleiding gegee tot bespiegeling oor inhegtenisnemings. Die Teenkorrupsie-ondersoekeenheid het dit egter ontken. Mkhwanazi het aan Newzroom Afrika gesê dis ‘n bewys van uitgebreide interne konflik in die leierskap van die SAPD:
Mkhwanazi sê “oorlog” dreig in land se wetstoepassingstrukture [KLANK]
ENG MkhwanaziOnInternalConflict