# Iran se president, Masoud Pezeshkian, het die memorandum van ooreenkoms met die VSA, as ‘n geskiedkundige dokument beskryf en sê dit was die gevolg van nasionale veerkragtigheid, politieke redelikheid en verantwoordelike diplomasie. Die 14-punt dokument sit die bepalings uiteen vir ‘n verlengde skietstilstand, die heropening van die Straat van Hormoes, en ‘n verbintenis tot verdere gesprekke om ‘n finale ooreenkoms binne 60 dae te bereik. Pezeshkian sê die dokument is die weerspieëling van die stem van ‘n nasie wat nie sy waardigheid en onafhanklikheid vir enige bedreiging of druk verruil het nie.
Iran se president sê die ooreenkoms met die VSA is ‘n gevolg van nasionale veerkragtigheid en politieke redelikheid