# Die MK-party het aangekondig oudpresident Jacob Zuma se dogter, Duduzile Zuma-Sambudla, en die nasionale woordvoerder, Nhlamulo Ndhlela, is met onmiddellike ingang geskors. Die party sê die besluit volg na bevindings dat hul optrede die organisasie se eenheid, dissipline en grondwetlike prosesse ondermyn het, insluitend ongemagtigde openbare verklarings en optrede wat interne verdeeldheid veroorsaak het. Die party se sekretaris-generaal, Sibonelo Nomvalo, het op ‘n nuuskonferensie gesê die besluit het ten doel om orde en dissipline in die organisasie te herstel:
Duduzile Zuma-Sambudla en Nhlamulo Ndhlela onmiddellik geskors uit die MK-party [KLANK]
ENG NomvaloOnExpulsion