Skip to content

Kiesers stem in deurslaggewende tussenverkiesing in Makerfield, Brittanje

# Kandidate het vir oulaas probeer steun werf voor die tussenverkiesing in Makerfield, Engeland, wat ook kan bepaal wie die volgende Britse eerste minister word. Die Arbeidersparty se kandidaat en burgemeester van Groter-Manchester, Andy Burnham, sal na verwagting eerste minister Keir Starmer uitdaag vir die party se leierskap as hy na vandag se verkiesing weer ‘n parlementslid word. Sy sterkste teenstander om die setel, die loodgieter en plaaslike raadslid Robert Kenyon van Reform UK, het tydens 2024 se algemene verkiesing tweede geëindig in die kiesafdeling.