Skip to content

Rugby: Esterhuizen sê die wedstryd teen die Barbarians is ‘n volwaardige toets

# Rugby: Die veelsydige Springbok André Esterhuizen sê hulle beskou Saterdag se wedstryd teen die Barbarians in Gqeberha as ‘n volwaardige toets en sal nie die Britse uitnodigingspan onderskat nie, wat bekend is vir sy uitgebreide spel. Dit is die begin van Suid-Afrika se propvol seisoen wat ses Nasies-kampioenskapswedstryde insluit, asook vier toetse tussenin teen die All Blacks. Esterhuizen sê hulle wil hulle prosesse regkry en fokus op nog ‘n oorwinning na hulle die Barbarians verlede jaar in Kaapstad 54-7 verslaan het.