# Eskom het die openbare konsultasieproses oor die moontlike beperking van elektrisiteitsvoorsiening aan die Stad Johannesburg en City Power met nog 30 dae verleng. Teen die einde van Mei het die metro en City Power die kragverskaffer 5,26-miljard-rand geskuld. Dit sluit nie die lopende rekening van 1,58-miljard-rand in wat op 5 Junie verskuldig was nie. Eskom sê sedert die kennisgewing volgens die Wet op die Bevordering van Administratiewe Geregtigheid uitgereik is, is 1,2-miljard-rand van die elektrisiteitsrekening betaal. Die publiek kan tot 17 Julie voorleggings indien.
Eskom verleng konsultasieproses oor moontlike elektrisiteit-beperkings aan Johannesburg