Skip to content

Oggendkoerant-verslag

Die hooftrekke uit die belangrikste nuusblaaie soos op 18 Junie 2026:

NASIONAAL:

# Business Day:

Berig ‘n staaltarief van 52-persent is ingestel ten spyte van waarskuwings oor die uitwerking daarvan op die boukoste in townships. Die koerant skryf daar heers kommer oor wat die uitwerking van die staalbelasting gaan wees op die dakkoste vir armes.

# En die Netwerk24-webblad:

Berig die inhoud van die VSA-Iran-vredesooreenkoms is bekend gemaak. Dit bestaan uit 14 punte wat uiteindelik ‘n skikking uiteensit. Dit maak voorsiening vir verdere onderhandelinge binne 60 dae in Switserland.

En tweedens skryf die webblad volgens bronne in die DA is daar diegene wat voel besluite word sonder behoorlike raadpleging geneem.

GAUTENG:

# The Star:

Skryf ‘n miljard-rand is op herstelwerk aan 1 Militêre Hospitaal in Thaba Tshwane bestee en die werk is steeds nie afgehandel nie.

En tweedens word berig boere is verheug oor die verskuiwing van John Steenhuisen as minister van Landbou.

# Sowetan:

Lei met: “WHY THE GATE CLOSED ON JOHN”. Die koerant berig die verskuiwing van John Steenhuisen gee president Cyril Ramaphosa die geleentheid om ander veranderinge ook aan te bing.

# En The Citizen:

Skryf die verskuiwing van Steenhuisen is bloot ‘n poging deur die DA om skadebeheer toe te pas.

WES-KAAP:

# Die Burger:

Berig breedvoerig oor al die skuiwe in die DA wat verskeie kabinetsposte raak. Die koerant skryf die DA-leier, Geordin Hill-Lewis, het huis skoongemaak en John Steenhuisen se dae is getel.

En tweedens skryf die koerant die Parlement kan reeds môre besin oor die sogenaamde geskik-en-gepas-reël wat ter sprake kom in Ramaphosa se ampsklagondersoek.

OOS-KAAP:

# The Herald in Gqeberha:

Berig Geordin Hill-Lewis het die aanstelling van Yusuf Cassim as adjunkminister van Hoër Onderwys en Opleiding in die regering van nasionale eenheid ondersteun.

En tweedens skryf die koerant daar word bespiegel oor die toekomsplanne van Andile Lunga.

KWAZULU-NATAL:

# The Witness in Pietermaritzburg:

Skryf oor die botsing tussen die polisie en Malawiese burgers wat wag om gerepatrieer te word in Durban.

En tweedens word berig oor die sakereddingsooreenkoms wat die voortbestaan van Tongaat Hulett verseker.

En ten slotte uit NAMIBIË:

# Republikein in Windhoek:

Berig ‘n groep werknemers van die minister van Landbou se Afdeling vir Grond eis miljoene in onbetaalde reis- en verblyftoelaes. Die groep beweer die ministerie het nooit hul kontrakte gewysig en hul diensstasie van Nkurenkuru na Rundu verander nie.

En tweedens skryf die koerant die inwoners van Walvisbaai beskryf die moord op ‘n geliefde jare lange inwoner, die kunstenaar Barbara Geschke, as die dood van ‘n stukkie van die dorp se geskiedenis.