# Build One South Africa se onderleier, Nobuntu Hlazo-Webster, is aangewys as die party se burgemeesterskandidaat vir Johannesburg in aanloop tot die munisipale verkiesing in November. BOSA sê sy sal die party se veldtog lei om aan Johannesburgse inwoners beginselvaste en bevoegde leierskap te bied wat daarop fokus om ʼn metro te bou wat werk. Hlazo-Webster sê sy maak ses beloftes aan inwoners wat die volgende insluit: ʼn vaardige stadsbestuur, ekonomiese groei deur township-ondernemings en ʼn veilige Johannesburg.
Nobuntu Hlazo-Webster is BOSA se burgemeesterskandidaat vir Johannesburg