Skip to content

Rugby: Matfield glo Bulle kan Vrydag VRK-titel inpalm

# Rugby: Die voormalige Springbok- en Bulle-slot, Victor Matfield glo die Pretoriase span kan Vrydagaand die Verenigde Rugbykampioenskap-titel inpalm as hulle die regte soort spel speel. Die Bulle pak Leinster in Dublin nadat hulle drie eindstryde verloor het wat hulle die afgelope vier jaar gehaal het. Die gashere sal staatmaak op tuisveldvoordeel en ‘n byna volsterkte Ierse toetsspan. Matfield wys egter op die besoekers se gehalte-aanvallers en sê hulle moet eerder konserwatief wees en hul oorheersing voorlangs en hul fisieke krag gebruik.