# Oudpresident Jacob Zuma sê die staat kan slegs die terugbetaling van sy regskoste eis indien hy skuldig bevind en daar bewys word dat hy in eie belang opgetree het wat die korrupsiesaak teen hom betref. Die MK-partyleier het by die Konstitusionele Hof aansoek gedoen dat die Hooggeregshof in Pretoria se beslissing omgekeer word wat bepaal dat hy die 28,9-miljoen-rand se regskoste in verband met sy korrupsiesaak moet terugbetaal. Volgens News24 het Zuma in sy aansoek aangevoer dit sal ʼn ernstige onreg wees as die staat opdrag gee dat hy dit terugbetaal.
Zuma sê dit sal onregverdig wees om R28,9-miljoen aan die staat terug te betaal