# Rugby: Die afrigter van Suid-Afrika-A, Mzwandile Stick, het ‘n gebalanseerde groep met ervaring en jeug aangewys vir Saterdag se kragmeting met Zimbabwe in Gqeberha. Dit sluit vyf Springbokke in. Die Haaie-voorspeler Vincent Tshituka sal die span aanvoer. Die ander toetsspelers in die opdrafspan is die dubbele Wêreldbeker-wenner, Lukhanyo Am, Phepsi Buthelezi, Neethling Fouché en Boan Venter. Stick het ook ‘n opwindende groep nuwelinge gekies, onder andere Luan Giliomee, Markus Muller, Jaco Williams en Zekhetelo Siyaya.
Rugby: Vyf Springbokke ingesluit in SA ‘A’-span teen Zimbabwe