# Rugby: Die Springbok-afrigter, Rassie Erasmus, het vyf nuwelinge ingesluit in die groep van 23 vir Saterdag se kragmeting teen die Barbarians in Gqeberha. Die Junior Bok-kaptein, Riley Norton, en Carlu Sadie is in die beginspan. Die nuwelinge onder die plaasvervangers is JJ Kotze, Paul de Villiers en Vusi Moyo. Faf de Klerk, wat sedert hul sege oor Georgia in 2025 nog nie weer vir die Bokke uitgedraf het nie, is op die bank. Ervare spelers soos kaptein Siya Kolisi, Cheslin Kolbe en Franco Mostert is ook in die groep.
Rugby: Vyf nuwelinge ingesluit by die Springbok-groep vir die kragmeting teen die Barbarians