# Die Johannesburg Krisisalliansie sê die Stad Johannesburg het steeds geen inligting verskaf oor Eskom se dreigende onderbreking van elektrisiteitstoevoer na die metro nie. Die metro en City Power skuld Eskom tans ‘n agterstallige skuld van 5,25-miljard-rand. Na onderhandelinge tussen die minister van Elektrisiteit en Energie, Kgosientsho Ramokgopa, Eskom en City Power, is geen ooreenkoms bereik nie. Die Krisisalliansie sê die krisis word verder vererger deur die uiters beperkte tyd wat aan die publiek gegee word om te reageer op Eskom se kennisgewing oor die Wet op die Bevordering van Administratiewe Geregtigheid.
Johannesburg Krisisalliansie eis dat Johannesburg en City Power feite oor skuldgeskil openbaar