Skip to content

Ramaphosa se dringende aansoek om ampsklagondersoek te keer, word in Julie aangehoor

# Die Wes-Kaapse Hooggeregshof sal president Cyril Ramaphosa se aansoek om die parlementêre ampsklagproses te staak op 15 en 16 Julie aanhoor, hangende ‘n hersiening van die onafhanklike Artikel 89-paneelverslag. Die president voer in hofstukke aan daar is ‘n waarskynlikheid dat die Ampsklagkomitee sal begin voordat die hof oor die hersieningsaansoek uitspraak gelewer het. Ramaphosa sê dit sal aanleiding gee tot aansienlike vooroordeel. Die komitee se voorsitter, Makashule Gana, die EFF en die African Transformation Movement is respondente in die saak.