Skip to content

Padverkeersbestuur sê die voorruitskyfiestelsel gaan met digitale model vervang word

# Die Padverkeersbestuurskorporasie sê Suid-Afrika se voertuiglisensiestelsel kan na ‘n volledige digitale model oorskakel, wat die behoefte aan voorruitlisensieskyfies uitskakel. Die woordvoerder Simon Zwane sê die stelsel sal verkeersbeamptes toelaat om elektronies toegang tot voertuig- en voldoeningsdata te verkry deur middel van nommerplaatherkenningstoestelle. Hy sê die stap is daarop gemik om bedrog met vervalste skyfies te bekamp en afdwinging te moderniseer. Hy sê geen implementeringsdatum is aangekondig nie, maar daar word verwag die stelsel sal met bestaande elektroniese verkeersboetetegnologie geïntegreer word.