# Die minister van Binnelandse Sake, Leon Schreiber, sê sy departement verkeer onder erge druk, met net 832 immigrasie-inspekteurs wat sedert Januarie meer as 40-duisend gevalle hanteer het. Hy het met die media gepraat tydens die vergadering van die tussen-ministeriële komitee op Migrasie. Schreiber sê die departement beweeg na tegnologie-gedrewe hervorming. Hy sê hulle het begin om biometriese opnames deur die elektroniese reismagtiging-stelsel te gebruik vir diegene wat Suid-Afrika wil binnekom:
Minister Schreiber sê sy departement is onder druk met slegs 832 immigrasie-inspekteurs [KLANK]
ENG SchreiberOnETA