Skip to content

Motorsport: Lewis Hamilton behaal sy eerste oorwinning vir Ferrari in Barcelona

# Motorsport: Die sewemalige Formule Een-wêreldkampioen, Lewis Hamilton, het sy eerste oorwinning vir Ferrari beklink toe hy die Barcelona-Kataloniese Grand Prix gewen het. Dit was sy eerste oorwinning sedert die Belgiese Grand Prix in Julie 2024, en 106de van sy loopbaan. George Russel van Mercedes was tweede en Lando Norris van McLaren derde – die eerste keer sedert 1968 dat Brittanje al drie podium-posisies inpalm. Die voorloper op die bestuurders-punteleer, Kimi Antonelli, moes laat in die wedren onttrek, maar is steeds 41-punte voor Hamilton na sewe wedrenne.