# Die Amerikaanse president, Donald Trump, sê Israel se aanvalle op Beiroet moes nie gebeur het nie, veral omdat hulle so na aan ‘n vredesooreenkoms met Iran is. Die Israelse Weermag het gisteroggend lugaanvalle op Hisbolla-vestings in die suide van die Libanese hoofstad uitgevoer na aanvalle in die noorde van Israel. Trump het op Truth Social beklemtoon Israel het die reg om homself te verdedig, maar die aanval waarop hy reageer het, was baie klein en betekenisloos. Hy sê daar mag geen verdere aanvalle op Libanon wees nie.
Trump sê Israel se aanval op Beiroet moes nie gebeur het nie