# Die DA is bekommerd oor ‘n groeiende krisis in polisie-aanspreeklikheid in KwaZulu-Natal nadat dit aan die lig gekom het dat die Onafhanklike Polisie-ondersoekdirektoraat agt-duisend-751 sake met slegs 24 ondersoekers hanteer. DA-lid in die Nasionale Raad van Provinsies, Mzamo Billy, sê met elke ondersoeker wat gemiddeld 364 sake elk hanteer, het slegs ses skuldigbevindings uit 302 ondersoeke gevolg. Billy sê ‘n beperkte vermoë en swakpunte in saakbestuur veroorsaak ernstige vertragings. Hy doen ‘n beroep op dringende ingryping om ondersoekwerk te versterk en openbare vertroue te herstel.
Agterstand in OPOD-sake in KwaZulu-Natal rede tot kommer