# Die VN se agentskap vir vlugtelinge het die eerste Ebola-verwante sterftes in ‘n kamp vir ontheemdes in die ooste van die Kongo bevestig, met hulpwerkers wat waarsku teen die hoë risiko dat die siekte vinnig in oorvol plekke kan versprei. Die agentskap sê in ‘n verslag die twee slagoffers was binnelandse ontheemdes in die Kpangba-kamp met 30-duisend mense. Die virus het nou oor drie provinsies versprei sedert die Wêreldgesondheidsorganisasie die uitbreking op die 17de van verlede maand tot ‘n openbare gesondheidsnoodtoestand van internasionale belang verklaar het.
Ebola-uitbreking versprei na oorvol kamp vir ontheemdes in Kongo