# Prinses Bajrakitiyabha (Uitspr: Bash-rakiti-jabba) van Thailand, wat langer as drie jaar in ‘n koma was, het in die ouderdom van 47 gesterf. Sy het in Desember 2022 ineengestort terwyl sy haar honde laat oefen het. Haar dokters het dit toegeskryf aan ‘n ernstige onreëlmatige hartklop, veroorsaak deur ‘n infeksie in haar hart. Die prinses was as ‘n prokureur opgelei en het twee grade van die Cornell Universiteit in Amerika verwerf. Haar vermoëns en die vertroue wat haar pa in haar gehad het, veroorsaak bespiegelings oor die troonopvolger. Koning Vajiralongkorn, wat 73 jaar oud is, het nog nie ‘n opvolger aangewys nie.
Thaise prinses sterf nadat sy drie jaar in ‘n koma was