# Die Nkabinde-ondersoek na die geskiktheid van die geskorste Suid-Gautengse Direkteur van Openbare Vervolging, Andrew Chauke, om sy amp te beklee, het ‘n aansoek van die voormalige Nasionale Direkteur van Openbare Vervolging, Shamila Batohi, verwerp om skriftelike voorleggings vir opname in die ondersoekrekord in te dien. Batohi wou bykomende voorleggings indien ná haar onvoltooide kruisondervraging en ‘n besluit om haar mondelinge getuienis te staak. ‘n Woordvoerder, Tiyisela Max Mpuzana, sê hulle het, nadat die aansoek en regsraamwerk oorweeg is, die versoek van die hand gewys en die ondersoek voltooi nou sy verslag aan president Cyril Ramaphosa.
Nkabinde-ondersoek verwerp Batohi se versoek vir opname van haar voorleggings