# Die Openbare Beskermer, Kholeka Gcaleka, sê die skokkende onthullings van sistemiese wangedrag wat die Staatskaping- en Madlanga-kommissies blootgelê het, is tekortkominge in menslike gedrag, eerder as ‘n gebrek aan vaardighede of ervaring. Gcaleka het dié opmerkings gemaak tydens ‘n winterskoolbyeenkoms vir godsdiensleiers aan die Universiteit Stellenbosch in die Wes-Kaap. Die Openbare Beskermer sê bewyse wat aan die kommissies gelewer is, toon diegene wat oortredings gepleeg het, was dikwels goed opgelei en ervare. Sy voeg by die land moet verseker die onderwysstelsel plaas meer klem op etiek en karaktervorming.
Openbare Beskermer sê Madlanga-kommissie en ondersoeke na staatskaping het menslike tekortkominge blootgelê
ENG GcalekaONRevelations