# Iran sê hy het nog nie ʼn finale besluit geneem oor enige ooreenkoms nie en beklemtoon berigte van ʼn afgehandelde ooreenkoms met Amerika is “blote bespiegeling”. President Donald Trump het verklaar die laaste kwessies van ʼn ooreenkoms om die oorlog te beëindig, is goedgekeur. ʼn Woordvoerder van Iran se ministerie van Buitelandse Sake, Esmail Baghaei, sê die grootste deel van die memorandum is reeds afgehandel, maar volgens hom stel Amerika buitensporige nuwe eise. Hy sê Iran gaan nie toegewings maak oor wat hy as sy rooi lyne beskryf nie.
Iran sê geen ooreenkoms met die Verenigde State is gefinaliseer nie