Skip to content

Parlementêre komitee vra regering om staalbedryf te red

# Die parlementêre portefeuljekomitee oor Handel, Nywerheid en Mededinging sê die regering moet dringend by die staalbedryf ingryp. Dié bedryf is toenemend onder druk weens swak ekonomiese groei, hoë elektrisiteitskoste, onvoldoende plaaslike vraag, goedkoop invoere en ʼn wêreldwye ooraanbod. Die komitee sê daar is ʼn behoefte aan doeltreffende en deeglike betrokkenheid by die sektor om ʼn duidelike, gekoördineerde, staatsgeleide strategie en ingryping te ontwikkel om hierdie bedryf te bestendig en te laat herleef. Hy sê die Departement van Handel, Nywerheid en Mededinging moet die staal-sektor red.