# Die minister van Vervoer, Barbara Creecy, sê die brandstofbedryf moet nouer saam met die regering werk en sê dié bedryf se belangrikheid om die land se ekonomie aan die gang te hou, kan nie onderskat word nie. Sy het gister die Suid-Afrikaanse Brandstofbedryf-vereniging se jaarlikse imbizo in Sandton, Johannesburg, toegespreek. Creecy beklemtoon dat die land verbind is om ʼn gunstige omgewing te skep deur doeltreffende beleidsregulasie, beplanning om infrastruktuur te ontwikkel, en oorsig van instellings in staatsbesit wat in die vervoer- en logistieke sektor betrokke is:
Minister Creecy sê die brandstofbedryf is een van die mees strategiese sektore in die ekonomie [KLANK]