# Die Vryheidsfront Plus sê die Nelson Mandelabaai-munisipaliteit in die Oos-Kaap het ernstige finansiële en bestuursprobleme. Die party sê onreëlmatige besteding het in twee jaar van ongeveer 21-miljard rand tot 31-miljard rand toegeneem. Bill Harington van die VF Plus blameer onbekwame leierskap en swak finansiële beheer vir swak dienste en stygende koste. Harington sê inwoners ly onder stygende tariewe en swak dienslewering.
VF Plus sê Nelson Mandelabaai verval in administratiewe en finansiële chaos