# Padwedlope: Die 99ste Comrades-marathon vind Sondag plaas, en dit is die keer die tradisionele en veeleisende opdraande-wedloop van Durban na Pietermaritzburg. Meer as 21-duisend-600 atlete sal om 5-uur die oggend buite die Durbanse Stadsaal byeenkom om ‘n amptelike afstand van 85,777-kilometer aan te durf, die kortste roete in die wedloop se geskiedenis. Deelnemers het te kampe met ‘n uitmergelende 1,8-kilometer hoogteverskil en ‘n streng 12-uur-afsnytyd om die wenstreep op die Scottsville-renbaan in Pietermaritzburg te bereik.
Padwedlope: Die 99ste Comrades-marathon vind Sondag plaas