# Die voorsitter van die parlementêre portefeuljekomitee oor Polisie, Ian Cameron, vra dat die hoof van Misdaadintelligensie, Feroz Khan, geskors word. Hy is voor die Madlanga-kommissie onder meer daarvan beskuldig dat hy by misdaad-ondersoeke ingemeng het. Khan is tans uit op borgtog in ‘n saak oor edelmetale nadat hy saam met die gewese hoof van die Valke in Gauteng, Ebrahim Kadwa, in hegtenis geneem is. Cameron sê amptenare wat vermoedelik die wet oortree het, moet geskors word om die integriteit van voortgesette ondersoeke te beskerm.
Parlementêre komitee op Polisie vra dat hoof van Misdaadintelligensie geskors word