# Die Stad Tshwane sê die pogings tot ekonomiese herstel toon vordering en weerspieël die vroeë uitwerking van die Tshwane Ekonomiese Herlewingstrategie wat in April ingestel is. Die waarde van nuwe geverifieerde privaatsektorprojekte in die beleggingspyplyn het toegeneem van 1,7-miljard-rand in Junie verlede jaar tot 15,4-miljard-rand in Maart vanjaar. Die burgemeesterskomiteelid vir Ekonomiese Ontwikkeling en Ruimtelike Beplanning, Sarah Mabotsa, sê die Tshwane Ekonomiese Ontwikkelingsagentskap het ʼn belangrike rol in hierdie groei gespeel deur beleggings te lok:
Tshwane se privaatsektorprojekte in beleggingspyplyn styg tot R15,4-miljard [KLANK]
ENG MabotsaInvestment